Gedragskode

YAHWEH EL DE’OT & MESSIAH

BEGRAFNISDIENSTE GEDRAGSKODE

Met die volle besef dat begrafnisonderneming ‘n noodsaaklike publieke diens is, belowe ons as werkers van D & M BEGRAFNISDIENSTE, plegtig, om ons sake met eer en waardigheid te bestuur en onderneem ons:

  • Om in die beste belang van almal op te tree wat ons dienste benodig.
  • Om alle rasse en gelowe te eerbiedig en om persoonlike inligting as streng vertroulik te beskou.
  • Om elke oorledene met sorg, waardigheid en respek te hanteer en alle gesondheidsvoorsorgmaatreëls te tref.
  • Om redelike tariewe te hef vir dienste gelewer en om nie bedroefte families uit te buit nie.
  • Om verantwoordelik te wees met ons reklame en ons van alle aanlokking en afrokkeling sowel as korrupsie te weerhou.
  • Om hoë etniese standaarde in alle verwantskappe met die publiek en ander begrafnisondernemers te handhaaf.
  • Om getrou aan ons roeping teenoor God die Vader te wees.

For more information about COVID-19 please visit: COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

For more information about POPI please visit our Privacy Policy page