Informasie
WAT STAAN MY TE DOEN INDIEN EEN VAN MY GELIEFDES TE STERWE KOM?
BEGRAFNISSE / VERASSING
Kontak die familie-prediker, Dokter en ondernemer van u keuse
Die familie moet eers besluit of die sterfte NATUURLIK of ONNATUURLIK van aard is.
NATUURLIKE OORSAKE IS AS VOLG:
Behandeling van ‘n spesifieke siekte deur ‘n geneesheer bv kanker, Hoë bloedruk ens.
Die ondernemer kan direk gekontak word vir die verwydering van die oorledene al het die sterfgeval tuis of in die hospitaal plaasgevind.
Hospitale wat oor die nodige verkoelings fasiliteite beskik, sal die oorledene na hul eie geriewe oorplaas waarna die familie die liggaam eers die volgende dag kan uitken, die id’s van die oorledene sowel as die naaste famielielid wat die uitkenning waarneem, moet aan die hospitaal overhede getoon word vir die uitkenning sodat die nodige dokumente, BI 1663 en Skedule vorms voltooi kan word indien nodig, ‘n Ondernemer van die familie se keuse kan dan gekontak word vir die nodige verwydering en reëlings.
ONNATUURLIKE OORSAKE:
Die gevolg van hierdie oorsaak spruit uit die volgende gebeure.
Sterfte onder narkose, Selfmoord, Moord, Geweldpleging, Verdrinking, Mishandeling, Motervoertuig ongelukke ens,
Die SAPD moet onmiddelik gekontak word vir verdere ondersoek waarna die SAPD die speurders en Florensiese Departement sal kontak, wat die verwydering van die oorledene. sal waargeneem. Neem die kontak nommers van die Florensiese Departement vir die nodige reëlings vir die uitkenning van die oorledene, die id’s van die oorledene sowel as die naaste famielielid wat die uitkenning waarneem moet aan die overheid getoon word vir die uitkenning, ‘n Ondernemer van die Familie se eie keuse kan dan gekontak word.vir die verwydering van die oorledene.
BESLUITNEMING VAN FAMILIE
Die wens van die oorledene speel die belangrikste rol. Begrafnis of Verassing?
Besluitneming oor datum en tyd van diens.en watter kerk gebruik moet word, en watter perdiker.
Besigtiging van die oorledene voor aanvang van die kerkdiens by die ondernemersperseel.
Besluitneming oor die kleur van blomme op die kis en in die kerk.
Besluitneming oor wie die persoon is wat die bedankings / huldebly gaan doen, en wie as draers sal optree by die kerk en graf.
Watter begraafplaas wil die familie gebruik?
DOKUMENTASIE BENODIG
ID. boek van die oorledene, en naaste familie lid.
Enige polisse wat die oorledene mag hê sodat die ondernemer U behulpsaam kan wees met die eise.
WAT HET EK NODIG OM ‘N REËLING TE TREF?
Telefoonnommer van die predikant en kerkkantoor.
Name ,Vanne en Verwandskappe van al die draers.
Besluitneming van die liedere wat gesing moet word in samewerking met die prediker.
Naam van die persoon wat die bedankings / huldeblyk gaan doen.
Opstel van die begrafnisbrief deur die familie of gebruik die voorbeelde soos voorsien kan word deur die ondernemer.
Vooraf vervaardige begrafnis-biljette word voorsien deur die ondernemer. Indien daar ‘n foto op die blaadjie geplaas moet word, moet die familie dit saam neem na die ondernemer.
DRIE METODES VAN BEGRAFNISSE
-
KERK EN DAN GRAF
Die ou tradisionele manier van begrafnis sal wees, dat ons eers na die kerk sal gaan vir die diens. Die stoet sal dan vertrek na die begraafplaas vir die teraardebestelling. Na die teraardebestelling keer die familie en vriende weer terug na die kerk vir tee en verversings by die kerksaal of soos gereël deur die familie.
- GRAF DAN KERK
Waar die kerk en die begraafplaas ver van mekaar verwyder is, verkies baie families om eers die teraardebestelling te laat plaasvind en dan terug te keer na die kerk vir die diens. Tee en verversings word direk na die diens saam met die familie geniet.
- GRAFDIENS
Hierdie metode van begrafnis word baie selde deur die families gebruik. Die familie kom slegs by die graf bymekaar waarna die kis na die graf gedra word. Die prediker lewer ‘n kort diens waarna die familie en vriende vertrek vir verversings indien gereël. Hierdie manier van begrafnis word uitgevoer waar die familie nie groot is nie, of as daar nie genoegsame fondse beskikbaar is nie.
DRIE METODES VAN VERASSING
- STILVERASSING
Nadat die liggaam verwyder is word dit in die kis wat deur die familie gekies is geplaas en geberg tot die verassing plaasvind. Die liggaam is nie teenwoordig by die gedenkdiens wat in die kerk plaasvind nie, die familie nuttig verversings na afloop van die diens in die kerk saal. Die verassing vind privaat plaas na die diens en nadat alle dokumentasie voltooi en goedgekeur is.
- BESPREEKTE VERASSING
Die oorledene is wel teenwoordig by die gedenkdiens in die kerk. Na afloop van die diens nuttig die familie verversings in die kerksaal. Die oorledene word op ‘n later, datum veras soos bespreek is by die krematorium nadat alle dokumentasie voltooi en goedgekeur is, die verassing vind privaat plaas. - DIREKTE VERASSING
Hierdie Gedenkdiens vind plaas by die krematorium in hul kapel, of by die kerk soos deur die familie verkies is, en die oorledene is teenwoordig by die diens. Na afloop van die diens word verversings genuttig soos ooreen gekom met die familie. Sodra die diens afgehandel is word die oorledene onmiddelik veras.en die stoflike oorskot is die volgende dag of onmiddelik na die verassing diens beskikbaar aan die familie, afhangend van die tyd van die diens.