Verassings in perspektief

VRAE WAT PLA

Met die jarelange ondervinding van verassing en begrip van die naas – bestaandes, werp ons deur hierdie brosjure lig op die vrae wat dikwils voorkom.

  • Kan mense van alle geloofsgroepe veras word?
    Nee, die meeste Christelike denominasies laat verassings toe, dit is wel verbode vir Moslems en Ortodokse Jode. Ons aanbeveling is dat jy jou geloofsgroep se standpunt oor verassing met jou predekers bespreek voor jy enige besluite neem.

     

  • Verbied die Rooms-Katolieke Kerk Verassings?
    Hierdie Kerk laat verassings sedert 1965 toe, mits dit nie teen die leerstellings indruis nie.

     

  • Moet die Diens by die Krematorium gehou word?
    Nee. Die meeste mense verkies om die diens in hul eie plaaslike Kerke te laat plaasvind, met die leerraar wat die oorledene geken het.

     

  • Beïnvloed verassing nie die natuurlike ontbindingsproses nie?
    Nee, in teendeel versnel dit bloot die stof tot stof proses.

     

  • Hoe word verassings gereël?
    U gaan na die ondernemer van u eie keuse toe om die volledige verassing te reël net soos n begrafnis. Aangesien verassing hele paar wetlike vereistes het, sal u ondernemer u help met die voltooiing en tekening van die nodige skedule vorms soos deur die Wet en Krematoriums verskaf word.

 

Natuurlike oorsake

Skedule A Familie

Skedule B Eie Dr wat oorledene behandel het

Skedule C Dr wat nie oorledene geken het nie.

Skedule E Mediese Arbiter

Koste vir die skedule B, C en E word deur die famielies betaal.

 

Onnatuurlike Sterftes

Skedule A Familie

Skedule D Florensiese Patologiese Dienste Skedule E Mediese Arbiter

Koste vir die skedule E word deur die familie betaal.

Indien die oorledene geen mediese behandeling of mediese rekord het nie en veras wil word. Moet daar privaat optopsie deur u ondernemer gereël word sodat nie nodige Skedule D Afderling B voltooi kan word.

Koste vir die Optopsie en skedule E word deur die famielie betaal.

 

NB. Alle wetlike aspekte moet afgehandel wees voordat die verassing sal plaasvind.

  • Wie gee toestemming vir die verassing?
    Toestemming kan net deur die Mediese Arbiter, wat deur die krematorium aangestel is uitgereik word op die nodige Skedule E vorm.

     

  • Is dit waar dat Pasaangeër of ander radio-aktiewe inplantings verwyder moet word.
    Ja. Sulke inplantings kan by hoë temperature ontplof en nie net toerusting beskadig nie maar ook personeel in gevaar stel.

     

  • Word die kis met die oorskot veras?
    Ja. Die kis word altyd saam veras. Net soos dit ontvang is vanaf die ondernemer.

     

  • Moet daar van kis gebruik gemaak word vir die verassing?
    Alle krematoriums verlang die een of ander houer. ( kis ), in belang van die familielede, om higiëniese redes en vaweë die ontwerp van moderne verassers. Die houers moet ondeurskynend wees en moet die hele liggaam bedek, dit moet sterk genoeg wees om die liggaamgewig te dra, en dit moet van brandbare materiaal gemaak wees.

     

  • Word daar meer as een kis terselfde tyd veras?
    Nee. Die ontwerp van die verasser laat egter slegs een kis per verasser toe.

     

  • Hoe lank duur die verassing?
    Ongeveer 90 minute.

     

  • Kan naasbestaandes toekyk as die kis na die verasser gaan.
    Ja. By sommige gelowe is dit vereiste maar toestemming moet van die krematorium bestuur verkry word.

     

  • Vind die verassing onmiddelik plaas?
    Nee, nie altyd nie slegs by direkte verassing.

     

  • Wat gebeur met waardevolle en ander metale?
    Die hoë temperatuur binne die verasser tussen (800 C en 1000 C) veroorsaak dat metale onherkenbaar met ander materiale versmelt. Metaaldeeltjies wat na verassing oorbly, word volgens die instruksie van die betrokke krematorium – owerhede weggedoen. Dit word dus ten sterkste aanbeveel dat enige juweliersware voor die verassing van die stoflike oorskot verwyder moet word.

     

  • Hoe weet ek dat ek die regte as kry?
    Omdat die verasser met een volwasse kis op slag kan neem, en die as verwyder moet word voordat die verasser weer gebruik kan word.

     

  • Wat gebeur met die as na dit uit die verasser verwyder is?
    Na die verassing word die benere verwyder en op spesiale rakke geplaas om af te koel. Daarna word alle metale indien enige deur magnetiese proses verwyder en die oorblywende skeleton word dan in masjien geplaas waar dit fyner gemaak word. Die fyngemaalde been – as, word dan in plastiese sakkie geplaas wat dan in karton houer saam met die nodige sertifikaat geplaas word, vir afhaal deur die ondernemer / familie.

     

  • Wat kan met die as gedoen word?
    Sommige gelowe verkies dat die as in geheiligde grond geplaas moet word. Hierdie besluit berus tevolle by die familie. Die volgende plekke kan ook gebruik word, muur van herinneringe is oral beskikbaar by Krematoriums, Kerke en begraafplase. Die as kan ook bv gestrooi word op berge, in die see, in tuin onder boom ens.

     

  • Wat gebeur met die as wat op die grond gestrooi word?
    Die kombinasie van biochemiese prosesse – op hul aktiefste op die grondoppervlak en die weer help dat die as vinnig afbreek en in die grond geabsorbeer word.

     

  • Is dit moontlik om die as elders in die land of oorsee te stuur?
    Ja. U ondernemer sal dit vir u kan reël, met die nodige dokumentasie.

     

  • Is verassing duurder as begrafnis.
    Ja in sommige gevalle. Met begrafnis betaal die familie slegs vir die graf, maar met verassing betaal die familie vir die Krematorium fooi, Dr fooie Skedule B, C en E.

     

  • Kan verassings gebruik word om bewyse van misdaad te vernietig?
    Nee. Want die hoofoorsaak van die dood moet eers vasgestel word en die dokter van die oorledene, se dokumentasie skedule B moet aangeheg wees by natuurlike sterftes, By Onnatuurlike sterftes moet die Skedule D vanaf die departement folrensies aan geheg wees, waarna die goedkeuring van die Mediese Arbiter Skedule E vir goedkeuring aan geheg moet wees.

     

  • Hoe kan ek verseker dat ek na my dood veras word?
    Laat spesefieke instruksies in u testament en bespreek u wens met u naaste Familie, om sodoende onsekerheid uit die weg te ruim.

For more information about COVID-19 please visit: COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

For more information about POPI please visit our Privacy Policy page